Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens die omstrede gevegte.
In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar.
Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat die ervarings eerstehands beleef het.
Sagteband, 352 bladsye
PUBLIKASIE DATUM: 5 APRIL 2022